Slag van Stalingrad

Slag van Stalingrad
Deel van die Tweede Wêreldoorlog

Sowjetse soldate in Stalingrad (Januarie 1943).
Datum 23 Augustus 19422 Februarie 1943
(5 maande, 1 week en 3 dae)
Ligging Stalingrad, Russiese SFSR, Sowjetunie
Resultaat Sowjet-oorwinning[1]
Strydende partye
 Nazi-Duitsland

 Roemenië
 Italië
 Hongarye
 Kroasië

 Sowjetunie
Aanvoerders
 Adolf Hitler

 Erich von Manstein
 Friedrich Paulus
 W.F. von Richthofen
 Petre Dumitrescu
 C. Constantinescu
 Italo Gariboldi
 Gusztáv Jány
 Viktor Pavičić

 Josef Stalin

 Georgi Zjoekof
 Nikolai Woronof
 A.M. Wasiljefski
 Andrei Jerjomenko
 Nikita Chroesjtsjof
 Hazi Aslanof
 Konstantin Rokossofski
 Nikolai Watoetin
 Wasili Tsjoeikof

Ongevalle en verliese
Sien #Verliese Sien #Verliese

Die Slag van Stalingrad (23 Augustus 19422 Februarie 1943)[2][3][4][5] was ’n groot en belangrike slag van die Tweede Wêreldoorlog waarin Nazi-Duitsland en sy bondgenote teen die Sowjetunie geveg het om beheer van die stad Stalingrad (nou Wolgograd) in die suidweste van die Sowjetunie.

Dit is gekenmerk deur gewelddadige konflikte op kort afstand en direkte aanvalle op burgerlikes deur die Luftwaffe, en word dikwels beskou as die grootste en bloedigste konflik in die geskiedenis van oorlogvoering.[6] Die swaar verliese van die Wehrmacht maak dit waarskynlik een van die mees strategies beslissende gevegte van die hele oorlog.[7] Dit was ’n keerpunt vir Europa – die Duitse magte het nooit weer die inisiatief in die ooste teruggewen nie en het ’n groot militêre mag aan die weste onttrek om op te maak vir hul verliese.[1]

Die Duitse aanval deur die 6de Leër en elemente van die 4de Pantserleër op Stalingrad het in die laatsomer van 1942 begin. Die aanval is gerugsteun deur intensiewe lugbomaanvalle wat ’n groot deel van die stad in puin gelê het. Die stryd het later ontaard in gevegte van gebou tot gebou en albei partye het versterkings na die stad gestuur. Teen die middel van November 1942 het die Duitsers die Sowjet-verdedigers teruggedryf in smal sones aan die wesoewer van die Wolgarivier.

Op 19 November 1942 het die Rooi Leër Operasie Uranus van stapel laat loop – met aanvalle op die swakker Roemeense en Hongaarse magte wat die flanke van die Duitse 6de Leër beskerm het.[8] Die magte van die Spilmoondhede aan die flanke is oorrompel en die 6de Leër is in die Stalingrad-gebied afgesny en omsingel. Adolf Hitler het opdrag gegee dat die leër in Stalingrad bly en het geen poging aangewend om hulle aan die gebied te onttrek nie; in plaas daarvan is pogings aangewend om die leër per lug van voorraad te voorsien en die omsingeling van buite te verbreek. Hewige gevegte het nog twee maande voortgeduur. Teen die begin van Februarie 1943 was die Spilmoondhede in Stalingrad se ammunisie en kos op en het die oorblywende deel van die 6de Leër hulle oorgegee.[9]:bl.932 Die slag het vyf maande, een week en drie dae geduur.

  1. 1,0 1,1 Bellamy, (2007)
  2. McDougal Littell, (2006)
  3. Roberts (2006: 143)
  4. Biesinger (2006: 699): "On August 23, 1942, the Germans began their attack."
  5. "Battle of Stalingrad". Encyclopædia Britannica.
  6. Luhn (8 Junie 2014). "Stalingrad name may return to city in wave of second world war patriotism". theguardian.com (in Engels). The Guardian. The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 April 2020. Besoek op 16 Februarie 2015.
  7. Taylor (1998) Vol IV, bl. 142
  8. Beevor (1998: 239)
  9. Shirer (1990)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search